Pencil grips

This Pencil Grip is specially designed to prevent the child from wrapping his thumb over the pencil. It assists in maintaining an appropriate thumb web-space when grasping the pencil.

SmileCoolCoolCoolCoolCoolCoolCoolCoolCoolCoolCoolCoolCoolCoolCoolCoolCoolCoolCoolCool

Deesdae word daar minder fokus geplaas op die algemene aanvaarbare driepunt potloodgreep maar dit is steeds belangrik om vas te stel wat die oorsaak is van ‘n onvolwasse potloodgreep aangesien ‘n swak potloodgreep ‘n negatiewe invloed het op algemene beheer, netheid en werkspoed van die leerling en dit kan verdere aanleiding gee tot die vinnige uitputting van handspiertjies.

Dis veral belangrik om daarop te let dat u kind se duimpie nie geneig is om om die potlood te krul wat veroorsaak dat die ruimte tussen hul duim en wysvinger (duim webruimte) toegeknyp word.  Dit lei daartoe dat vingerbewegings beperk word, hul is geneig om hele armbewegings te gebruik tydens skryf aktiwiteite en hul handjies word baie vinniger moeg.

Dit spesifieke potloodgreep is spesiaal so ontwerp om te voorkom dat die kind se duimpie om die potlood beweeg en help dus om die toepaslike duim webruimte te handhaaf.