11. Jul, 2017

Wat doen jy as jou baba nie rol nie?

ONTWIKKELING VAN ROL BY BABAS

Babas begin gewoonlik rondom 3 maande van hul sy na hul rug toe te rol, waarna hul gewoonlik rondom 4 - 6 maande van hul maag na hul rug rol en tussen 6 – 7 maande van hul rug na hul maag kan omrol.

 

Baie keer begin die rolbeweging “per ongeluk” terwyl baba besig was met ander beweging byvoorbeeld as baba in maagliggend hom opstoot op sy elmboë en reik na voorwerp en dan per ongeluk op sy rug omrol. Anders sal baba byvoorbeeld op sy rug lê en sy tone vashou en sy balans verloor en dan op sy sy beland.Hierdie toevallige omrol is gewoonlik die begin van ‘n belangrike mylpaal.

 


NOODSAAKLIKE VAARDIGHEDE VIR ROL

Die meeste van die baba se primitiewe reflekse begin verdwyn rondom die ouderdom en duskan baba vryliker beweeg en hul omgewing verken.Baba kan byvoorbeeld begin om sy hande na die middel te beweeg en sodoende begin koördinasie van die twee kante van die liggaam ontwikkel. 

Baba word nou gewoonlik maklik visueel gestimuleer & toon dus die nodige motivering om ‘n voorwerp visueel te volg en daarna te reik. 

Spiertonus (spanning in spiere tydens rus) is belangrik & baba moet dus nie te ‘floppy’ of te styf (spasties) voorkom nie. 

Dit is belangrik dat baba genoeg tyd op hul magie sal deurbring om hul rug- en nekspiere te ontwikkel en sodoende noodsaaklike kopkontrole te ontwikkel.

 


HOEKOM IS ROL BELANGRIK

Jou baba ontwikkel hul nek, rug, arm en beenspiere terwyl hul oefen om te rol en hul ontwikkel dus dieselfde spiere wat weer belangrik is vir ander ontwikkelingsmylpale soos kruip en loop. 

Deur te rol word hul blootgestel aan ‘n klomp insette en sensoriese ervarings byvoorbeeld tas- en ook vestibulêre/beweging stimulasie. 

Babas leer om hul lyfie te draai en te roteer en sodoende om hul liggaamsdele afsonderlik te beweeg byvoorbeeld hul bolyf (skouers) en onderlyf (heupe).

 


MOONTLIKE WAARSKUWINGSTEKENS

Onthou ontwikkelingsmylpale is slegs ‘n gemiddelde aanduiding, sommige kinders benodig slegs meer tyd en aandag.Met vroeggebore babas vind ontwikkeling ook gewwonlik stadiger plaas – dus as ‘n baba een maand vroeggebore was is dit normal dat ontwikkeling ‘n maand later sal plaasvind as wat gewoonlik verwag word. 

Wanneer jou baba teen 7 maande nog geen poging aangewend het om om te rol of andersinds nie belangstelling toon in beweging nie. 

Ander moontlike waarskuwingstekens:

wWaarneembare slapheid (floppy) van geboorte af, of styfheid wat ontwikkel het.

wBeweeg nie een kant van lyfie soos die ander kant nie.

wProbeer op ses maande nog nie voorwerp bykom en gryp nie.

wAs baba na 7 maande kop draai en arm waarna hy kyk word reguit gemaak terwyl ander arm gebuig word (dus refleks nie begin integreer).

 

Bring dit onder jou pediater se aandag indien jy bekommerd is sodat hul ‘n ontwikkelingsondersoek kan doen. Andersinds kan jy ‘n afspraak maak by ‘n arbeidsterapeut of fisioterapeut.

 


MOONTLIKE AKTIWITEITE

Ø Die eerste stap is om baba se spiertonus en nek-, maag- en rugspiere te ontwikkel. 

 


Bevorder spiertonus en versterk nek-, maag- en rugspiere

  • Laat baba op haar rug lê en neem baba se enkels in elke hand, laat baba fietstrap. As baba nog nie soepel genoeg is nie, sal die bewegings rukkerig wees, maar met oefening raak dit ritmies . 
  • Hou albei enkels in een hand, ander hand druk die skouers saggies teen die grond; buig knieë op en beweeg die kniëe van een kant na die ander kant. Kniëe kan ook in ‘n sirkel beweeg word en onthou om dit na die ander kant toe ook te doen. 
  • Laat baba op jou skoot sit en vir jou kyk.Hou baba mooi vas en hop haar versigtig op jou skoot.Praat met baba / sing liedjie terwyl hop. Gebruik veskillende ritme en bewegings.
  • Plaas jou baba op haar rug en neem jou baba agter haar skouers en trek haar stadig na die sitposisie.Moenie ondersteuning bied aan baba se nek nie. Hou deurentyd oogkontak met jou baba.Jou baba moet haar nek kan opbring en haar nek moet nie agteroor val nie.Laat sak baba weer terug in die rugliggende posisie.
  • Plaas jou baba op haar rug en moedig haar aan om met haar hande en voete te speel, dit versterk die maagspiertjies. ‘n Lint kan byvoorbeeld liggies aan haar voet vasgemaak word.Ma moet deurentyd teenwoordig wees. 
  • Babas wat gewoond daaraan is om op hulle magies te lê, sal gouer begin rol en kruip, omdat hulle rug- en nekspiere sterker sal wees.So plaas baba dus dikwels in maagliggende posisie met speelgoed voor hul.Die speelgoed kan geleidelik klein bietjies verder neergeplaas word of maak ‘n tou aan die speelding vas sodat hul dit self nader kan trek.
  • Indien baba nie van die posisie hou nie kan hul vir korter tydjies maar meer gereeld in maagliggende posisie geplaas word.Of ma kan lê met die baba maagliggend op haar lyf.Gesels of sing vir jou baba.
  • Baba kan ook in maagliggende posisie gedra word, soos “vliegtuigie” om hula an te moedig om hul kop op te lig en sodoende nek en rugspiere te versterk.
  • Speel ‘n variasie van vliegtuigie: lê op jou rug met jou knieë opgetrek en sit haar op haar magie op jou maermerries terwyl jy haar hande vashou.
  • As baba nie haarself op haar elmboë kan oplig in maagliggende posisie nie, kan ouer haar arms so neerplaas dat sy haarself daarop kan ondersteun of sit aanvanklik ‘n opgerolde handdoek onder hul borsie met hul arms oor die handdoek om sodoende ondersteunde maagliggende posisie te bewerk.

 

Inoefening van rol

Ø Onthou om beweging na beide kante te doen

  • Moedig baba byvoorbeeld tydens doekomruiltyd aan om om te rol deur rolbewegings te gebruik byvoorbeeld buig bene effens, rol hom op sy sy, sit die doek onder hom en rol hom terug.Onthou om beweging na beide kante te doen.
  • Rol baba toe en weer oop in ‘n kombers.Onthou om beweging na beide kante te doen.
  • Maag na rug: Plaas baba op magie en beweeg speelding voor baba, beweeg nou speelding na een kant sodat baba sy kop en skouers in dieselfde rigting beweeg.Moedig hom aan om sywaarts na speelding te reik en beweeg nou stadig die speelding opwaarts sodat hy sy lyfie na die kant draai tot hy omrol op rug.Indien dit nie werk, help baba deur sy skouer liggies na agter te beweeg tot begin omrol.Onthou om beweging na beide kante te doen.
  • Rug na maag:Plaas baba op sy rug en skud iets soos sleutels/ speelding langs die baba.Wag dat baba haar kop draai en begin reik na voorwerp.Beweeg speelding al hoe verder.Baba sal gewoonlik omrol om voorwerp te probeer kry.As baba sukkel om te rol: plaas hom op sy rug en lig sy linker been tot teen sy bors en druk die been oor na regs in ‘n wye sirkel.Die baba sal dan sy arm oor bring en op sy maag draai.Plaas ‘n speelding aan die kant waarna baba rol.Moenie been of arm te hard druk/hanteer nie. Onthou om beweging na beide kante te doen.

Moontlike bronne: Koester jou baba. Megan Faure & Ann Richardson